64 DAE FOKUS

Elke jaar tydens die derde kwartaal fokus ons as gemeente vir 64 dae lank saam op 'n tema of Bybelboek.

 

 


 

Baie welkom by die 64 Dae Fokus 2019!

O P E N B A R I N G !

Posters 002

 


Vir die aankoop van werkboeke, maak kontak met die kerkkantoor (0448707595).

Vir meer inligting, maak kontak met ons LERING ouderlinge of Leraars:

JS de la Bat ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ) 0825634565         Willie Maritz ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ) 0728429915

Cornie Pretorius ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ) 0833038050 gemeente koördineerder & fokus op 30 - 60 jariges

Francois Mulder ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ) 0826764275 versorging koördineerder & fokus op 60 jaar en ouer lidmate

Ferdi Boll ( Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ) 0826703773 - fokus op 0 - 30 jariges

 


Ons is baie opgewonde om saam met julle deur die boek Openbaring te reis. Ons glo en vertrou dat ons saamreis deur Openbaring ons baie gaan help om te groei as dissipels van Christus en om te LEEF. Ons gaan saamreis met drie spesiale tye: Grootgroeptyd, Kleingroeptyd en Solotyd.

Grootgroeptyd

Die eerste geleentheid waar jy met die teks in kontak gaan kom, is tydens die eredienste elke Sondag 9:00. Soos altyd sien ons dit as ons gemeente se Familie-tyd (9:00-11:00) waartydens kinders, tieners en volwassenes met God en mekaar konnek in die erediens en groepgeleenthede vir die kinders en tieners. Ons sien uit na hierdie tye saam met mekaar.

Tydens elke erediens lei ons die week in met ‘n teksgedeelte uit Openbaring wat ook deel is van die Kleingroeptye en Solotye. Hier is ‘n die teks-indelings vir die kwartaal se eredienste (grootgroep-tye):

64 DAE FOKUS 2019

O P E N B A R I N G

W E E K

D A T U M

T E K S

1

14 Julie

Openbaring 1:1 – 1:20

2

21 Julie

Openbaring 2:1 – 3:22

3

28 Julie

Openbaring 4:1 – 8:5

4

4 Augustus

Openbaring 8:6 – 11:19

5

11 Augustus

Openbaring 12:1 – 14:20

6

18 Augustus

Openbaring 15:1 – 16:21

7

25 Augustus

Openbaring 17:1 – 19:10

8

1 September

Openbaring 19:11 – 22:5

9

8 September

Openbaring 22:6 – 22:21

10

15 September

Nagmaal & GemeenteFees

Kleingroeptyd

Op die reis deur die kwartaal gaan daar verskillende geleenthede wees waar jy met die Bybel-teks besig gaan wees. Een van die geleenthede is Kleingroeptye of -kuiers. Tydens die kuiers is daar geleentheid om met mekaar op te vang, saam te lag en gesels, maar dan is daar ook geleentheid om hands-on met die teks te gesels. Elke geleentheid word gebou rondom vier hoofmomente:

  • OMGEE: tyd om met mekaar op te vang en mekaar se stories, goed en sleg, te deel. Ons sien dit as ‘n tyd van KONNEK MET MEKAAR.
  • AANBID: tyd om saam te fokus op God, eer aan Hom te gee en mekaar aan die Here op te dra. Ons noem dit ‘n tyd van KONNEK MET GOD.
  • LEER: tyd om met God se Woord besig te wees en oop te wees dat die Heilige Gees deur die Woord met ons besig is. Ons dink aan hierdie tyd as ‘n tyd van KONNEK MET DIE WOORD.
  • DIEN: tyd om bewus te raak van ander mense, die omgewing en wêreld waarin ons woon, werk en speel. Hier maak ons planne om God se liefde aktief te gaan leef en sien ons hierdie tyd as ‘n tyd van KONNEK MET ANDER.

Die kleingroep gesprekke is nie noodwendig heeltyd vraag-en-antwoord gesprekke soos vorige jare nie. Wees bereid om die teks te neem en om daarmee op reis te gaan om iets meer van God te verstaan sonder om druk te voel om alles te moet beantwoord. Openbaring is vol verskillende beelde, klomp metafore en direkte woorde wat dit soms “onverstaanbaar” kan laat voorkom. Daarom, wees gerus om vrae in die groep te vra, wees bereid om nie antwoorde te kry nie, en wees opgewonde om net meer te groei, en om die boek te ontdek as deel van God se storie – ‘n storie wat vandag nog besig is om geskryf te word.

Praktiese reëlings vir die groep:

1) Kry ‘n vasgestelde tyd wanneer julle bymekaar kom vir die 9 weke;

2) Neem Bybels saam om saam te kan gesels;

3) Wees bereid om eerlik met mekaar te deel, om in liefde en met geduld na mekaar te luister, en om God se Gees te volg binne julle gesprekke.

Solotyd

Vir die volgende nege weke is daar ook daaglikse Solotydgeleenthede uitgewerk wat jou kan help om deur die hele boek van Openbaring te lees. Elke dag is volgens ‘n sekere Bybel-lees-metodiek geskryf wat by die teks pas. Die metodes het ons verlede jaar tydens die 64 Dae Fokus (Rick Warren se boek 40 Days in the Word) geleer en begin in-oefen. Julle sal dalk van die metodes onthou. Sit tyd uit in jou dag om rustig deur die teks te kan lees en om ook die Solotydriglyne deur te werk.

  • Kies ‘n tyd wat jou pas en ‘n plek waar jy ongestoord tyd met God en Sy Woord kan spandeer.
  • Daag jouself ook uit om te groei in dit wat jy van God gaan leer in die volgende paar weke.

Daar is drie hoofmomente wat jou gaan help om jou Solotyd meer sinvol in te rig:

  • Konnek met jouself: ‘n tyd wat jy gebruik om net bewus te raak van jou eie gedagtes, emosies, aksies, ervarings en jou onmiddellike omgewing.
  • Konnek met God: ‘n tyd wanneer jy op God en sy Woord fokus en jouself oopstel vir die Heilige Gees se werking in jou.
  • Konnek met ander: ‘n tyd waarin jy leer fokus, om weg van jouself te kyk na ander mense rondom jou, hulle nood raaksien en deel word van God se liefdespad met hulle. Dit is hier waar jou eie praktiese dissipelskap verder gaan, van net Bybellees en bid na LEEF as dissipel.

Daar is ook Solotye vir elke Saterdag en Sondag. Vir hierdie Solotye sal dit goed wees om ‘n (ekstra) Joernaal aan te skaf indien jy nog nie een het of gebruik nie. Let wel dat Sondae se Solotydsluit nog by die vorige week aan.

Geniet elke oomblik van hierdie reis saam met God, saam met mekaar en in jou Solotyd!

Besoek www.ekerk.org vir hul Bybelskool oor Openbaring. Ons verwys telkens na die videos op hul webblad. Klik op die logo om addisionele dokumente en/of preke af te laai:

voorblad

Terugblik

 

64dae Fokus 2018

64 DAE LOGO3

64dae Fokus 2017

IMG

 

64dae Fokus 2016

index

 

64dae Fokus 2015

 

64dae hoop

 

64dae Fokus 2014

Jesus se wat